Sunday, April 1, 2012

Munchen - Dag 2

Vroeg-oggend het dit gelyk na 'n sonskyn dag, maar toe ons later by Dachau opdaag, was die son bedek onder 'n dik laag morbiede grys wolke. Hierdie grysheid het die depressiewe omgewing wat ons besoek het gekomplimenteer en ons kon die doodsheid van Dachau amper aanvoel...

Dachau is die eerste konsentrasiekamp, eintlik eerder 'n werkerskamp wat deur Hitler, reeds voor die Tweede wereldoorlog ingestel is. In die begin jare was dit hoofsaaklik vir politieke gevangenisse wat teen die Nazi regering was, maar later jare (gedurende die eindjare van die oorlog) was ander gevangenisse ook hierheen gestuur.

Alles hier dra by tot die kliniese, regiedheid van die "stelsel": die groot, vierkantige wit aantree-area, die woonkwartiere met rye en rye stilasies met afkortings vir beddens, die koue administrasie gebou - selfs die bome in die laning is in presiesheid geposisioneer.

Ons het ook gaan kyk na die eerste krematorium en die "death factory" wat ook eers in die later jare van die kamp opgerig is. Alhoewel hier nie aanvanklik gaskamers was nie, is gaskamers tog ook later hier opgerig - wat gelukkig nog nie in gebruik geneem is nie, weens die beeindiging van die oorlog.

Dit was skokkend om te hoor en sien hoe mense se menslikheid deur een man en sy verwronge stelsel vernietig kon word.

Ons het 'n uitstekende gids gehad wat die inligting ongelooflik interessant oorgedra het en veral in konteks met die politieke gebeure van die tyd geplaas het. Selfs ek wat nie regtig in geskiedenis belang stel nie, was verwonderd oor die interessante inligting.



























Na ons Dachau besoek het ons gevoel dat daardie groot biere wat ons die vorrige dag gesien het, net die regte ding sal wees om ons weer in 'n meer sonnige bui te plaas en ons is reguit Marienplatz toe. Hier is ons toe na die Viktualienmarkt - 'n opelug mark waar meestal plaasprodukte verkoop word. Daar is ook 'n groot biertuin. Dries het een van daardie liter-grootte biere gekoop - ons ander 3tjies het egter nie daarvoor kans gesien nie, maar het darem geproe - en ek moet noem, dit was nogal baie lekker!



Die res van die dag het ons bietjie gaan inkopies doen en rond gaan stap in die omgewing rondom ons hotel.

No comments:

Post a Comment